FB Pixel
Login /

Fridays at Bartinney Tasting Shed

Uploaded by Atka
20 Jan, '16
Posted under Blog

Bartinney Wynlandgoed buite Stellenbosch het onlangs hul proelokaal, bekend as Tasting Shed, op die plaas geopen.

– Maryke Roberts

Die proelokaal is teen ‘n helling van 45 grade gebou en bied onbelemmerde uitsigte oor die wingerde en tot ver af in die Banhoekvallei.

Die kroegtoonbank is gemaak uit Australiese swarthout wat uit die Shiraz-wingerde gekap is en die kandelaber wat bo-oor die toonbank hang, is van Cabernet wingerde wat uitgetrek is, gemaak.

Die plaas se gewilde Bartinney Wyn- en Sjampanjekroeg is in die middedorp geleë en vier op 18 Januarie sy 3de verjaardag. Die kroeg is geopen om Bartinney se wyn aan die publiek bekend te stel, maar het ontluik as ‘n besige kuierplek. Dewet de Villiers, handelsmerk-, kroeg- en proelokaalbestuurder van die plaas sê: “Ons werf nie nuwe kliënte nie, maar wel nuwe vriende en dis vir my belangrik. Mense moet na Bartinney toe kom en voel dis ‘n tuiste vir hulle en hul vriende.”

Die Tasting Shed is Maandag tot Donderdag van 12:00-17:00 oop en Vrydae is dit “Wine-Down Fridays” vir ‘n skemerkelkie vanaf 12:00 tot 20:00. Gaste kan ‘n glas wyn kom drink, ‘n kaasbord deel en die uitsig van die Banhoekvallei geniet.

Bartinney se wynmaker, Ronell Wiid, maak wyn van drie kultivars, Sauvignon Blanc, Chardonnay en Cabernet Sauvignon. By die Tasting Shed kan al drie vir R30 geproe word. Die Bartinney Bordeaux-versnit, Elevage, is net per bottel beskikbaar. Die plaas se tweede reeks, Noble Savage, is ‘n ligter, maklik-drink wyn en dit sluit ‘n Sauvignon Blanc, Rosé, Chenin Blanc, Cabernet/Merlot-versnit en ook ‘n Brut Savage MCC in. Die Noble Savage wyne is beskikbaar vir koop by die Tasting Shed, maar nie vir proe nie.

Geen bespreking is nodig vir “Wine-Down Fridays” nie, maar vir groepe van 8 of meer, is dit wenslik.

Bespreek by 071 250 5814.

Original article

0
    0
    Your Cart
    Your cart is empty
      Calculate Shipping
      Apply Coupon

      Skyfall Allocation Request

      Would you like to reserve an allocation of the future vintages of Bartinney Skyfall? Please fill out the form below and our sales representative will be in touch shortly.